International
Back to Results | Home Residential For Sale Olifantshoek Olifantshoek Rural ... Farm
R5,965,000

R5,965,000

813Ha Farm For Sale in Olifantshoek Rural
3
Bedrooms
2
Bathrooms
Print

813 ha Plaas Te Koop – Net buite Olifantshoek

Web Ref. RL969141
Land size 813.00 Ha
Monthly Bond Repayment
R60,558.40
Hierdie unieke plaas van 813 hektaar bied 'n uitstekende geleentheid vir diegene wat op soek is na ruimte, natuur en selfversorging.

Die plaas is geleë net buite Olifantshoek en ontvang ’n gemiddelde reënval van ongeveer 600 mm per jaar, wat dit geskik maak vir verskeie boerdery- of wildsdoeleindes.

Die hele plaas is omhein met wildsheining en trek tans natuurlike wild soos koedoes en ’n paar springbokke aan. Daar mag ook gemsbokke wees, alhoewel getalle nie bevestig kan word nie.

’n Kragtige boorgat lewer ongeveer 20 000 liter water per uur en voorsien water aan damme wat met ’n sonpomp vanaf die huis gevul word. Die eiendom is toegerus met sonkrag, wat bydra tot 'n selfonderhoudende leefstyl.

Die hoofwoning op die plaas beskik oor drie slaapkamers en is ideaal vir 'n gesin of as 'n plaasbestuurderswoning. Daar is ook 'n klein stoor by die huis wat maklik omskep kan word in 'n waskamer, sowel as twee afdakke wat gebruik kan word vir berging of voertuie.

Op die eiendom is daar ook 'n tweede, ouer huis. Hierdie huis het strukturele herstelwerk nodig voordat dit weer bewoonbaar gemaak kan word – 'n ideale projek vir iemand met visie.

Hierdie plaas is ideaal vir wildboerdery, ontspanning of as ’n stil toevlug uit die stad. ’n Skaars geleentheid in ’n rustige en veilige area.

Kontak my vandag om ’n afspraak te maak vir besigtiging of vir meer inligting.

Features

Interior
3 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
6 Parkings (Carport)
Sizes
Land Size 813 Ha
Listing Info
Date Listed 11-07-25
Time Listed 11:58

Olifantshoek Rural, Olifantshoek

Google map for 813Ha Farm For Sale in Olifantshoek Rural

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Just Property website is accurate and up to date, Just Property makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.